Afrikaans Hymn

Saggies En Teer 


Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte
Wag daar vir jou en vir my.


Ref
Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus
Hy roep: O sondaar, kom tuis!


Waarom dan uistel wyl die Heiland so pleit
Pleit daar vir jou en vir my?
Waarom dan wag en verwerp al Sy goedheid
Goedheid vir jou en vir my.


Dink aan sy liefde wat Hy ons beloof het
Liefde vir jou en vir my
Hy skenk vergifnis hoe groot ook ons sonde
Skenk dit vir jou en vir my.

 


Stille nag, heilige nag


Stille nag heilige nag
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!


Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
Op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!


Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
Voor u ryk moet die duisternis swig;
Tot in ewigheid bly U die lig—
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

 


Wat ‘n Vriend Het Ons In Jesus


1. Wat ‘n vriend het ons in Jesus,
Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig
Tot gods troon deur hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede,
Ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node
Uitstort in gods vaderhart!


2. As versoeking en beproewing,
Of as kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie,
Laat ons bedes opwaarts styg.
Nêrens is ‘n vriend getrouer,
As hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid,
En wil deel in al ons leed.


3. Is ons swak, gedruk deur laste,
Onder kommer neergebuk,
Dierb’re heiland, onse toevlug,
O bevry ons weer van druk!
As ons vriende ons versaak het,
Soek ons in gebed die heer,
Aan sy boesem is ons veilig,
Hy vertroos ons keer op keer.