Afrikaans Hymn

As Hy weer kom


1. As Hy weer kom, as Hy weer kom,
kom haal Hy sy kinders;
al sy kinders, wat in Hom glo
om by Hom te wees.


Ref
Ja, ons wag op die Here,
en ons sing tot sy ere.
Ja, Hy kom weer verseker
om ons te kom haal.


2. By die Vader, by die Vader,
maak Hy vir ons woonplek;
sodat almal wat in Hom glo
ook by Hom kan wees.


3. Hy’s die Weg en Hy’s die Waarheid,
die Lewe vir elkeen;
sodat almal wat in Hom glo
vir ewig sal leef!

 


Bly by my Heer 


1. Bly by my heer, terwyl die skemerdaal.
laat steeds u lig my lewens- pad bestraal.
Daar is geen ander hulp of troos vir my-
Hulp van die hulpelose bly my by !


2. My lewensdag begin alreeds te kwyn
sy vreugde en sy glans is aan verdwyn
die tyd laat niks hier onverander bly
o Heer wat nooit verander, bly my by!


3. U wat ons nooit verlaat nie, goeie heer,
weet om met swakke mense te verkeer;
U is geduldig, en met medely, bly u heer,
in nood my trou naby.


4. U bystand is so kosbaar elke uur;
deur u genade leer ek leed verduur.
Waar is daar ooit ‘n beter lig te kry
U gees bly immer ons onfeilbaar bly.


5. Gou daag die lig; die nuwe aarde bly
van alle sonde, dood en smarte vry !
Dood wie sou skrik ? Graf, wat sou my laat beef ?
My toekoms is gewis, want jesus leef

 


Die Ou Ruwe Kruis 


Op ‘n heuwel daar ver staan ‘n ou ruwe kruis,
‘n Teken van skande en pyn;
Ek bemin die ou kruis, waar Gods dierbare Seun,
Vir ‘n wêreld van sonde moes ly


Refrein:
Ek bemin daardie ou ruwe kruis,
Tot ek voor Hom my skatte vertoon,
Ja ek klem aan die ou ruwe kruis,
En verruil dit eendag vir ‘n kroon.


O, die ou ruwe kruis, deur die wêreld versmaad,
Laat ‘n wonderbaar trek vir my naam;
Want die dierbare Lam het die hemel verlaat,
En Hy dra dit tot op Golgota.


In die ou ruwe kruis, so vol heilige bloed,
Is ‘n heerlik vooruitsig vir my;
Want aan daardie ou kruis, smaak my Heiland die dood,
Om vir my van my skuld te bevry.


Aan die ou ruwe kruis, bly ek altyd getrou,
Sy skande bring blydskap vir my;
Tot Hy my eendag roep, na my huis wat Hy bou,
Om vir ewig by Hom te kan bly.