Afrikaans Hymn

Stille nag, heilige nag


Stille nag heilige nag
Jesus kind lank verwag
Lig uit lig uit die Vader se ryk
Word uit liefde aan mense gelyk
Loof die hemelse Kind!
Loof die hemelse Kind!


Stille nag, heilige nag
Hemelvors, ons gee ag
Op die lied van die engelekoor
Herders het dit die eerste gehoor
Juig, die Redder is daar!
Juig, die Redder is daar!


Stille nag, heilige nag!
Jesus, Heer, voor u mag,
Voor u ryk moet die duisternis swig;
Tot in ewigheid bly U die lig—
Heer, gebore vir ons!
Heer, gebore vir ons!

 


Strome van seën


1. Strome van seën van bowe,
dit het die liefde beloof;
heerlike tyd van verkwikking
vloei uit ons Heiland en Hoof.


Refrein:
Strome van seën,
gee van U volheid ons weer.
Reeds val die druppels gedurig;
skenk ons die strome, o Heer!


2. Strome van seën van bowe
daal met verfrissing tans neer.
Skenk uit U hemelse volheid,
skenk ons ‘n oorvloed, o Heer!


3. Strome van seën van bowe –
Heer, laat hul vloei in elk’ oord.
Skenk die beloofde verkwikking;
kom en bevestig U Woord!


4. Strome van seën van bowe –
gee dit al voller, o Heer!
Dorstig en biddende wag ons;
word hier verheerlik, o Heer!

https://youtu.be/gMBSeXaYrKs?si=yfB_Rc2wMQ7JFlQS

 


Tel jou seëninge


As die lewenstorme woedend om jou slaan,
En jy gans ontmoedig vrees om te vergaan;
Tel jou seëninge, tel hul een vir een,
En jy sal verbaas wees oor wat God verleen.


Koor:
Tel jou seëninge, een vir een,
Seëninge jou deur God geskenk!
Tel hul almal, kyk wat God verleen
En jy sal verbaas wees oor wat God jou skenk!


As jy ooit gebuk gaan onder sorg en pyn,
As die kruis te swaar word en jou krag te klein;
Tel jou seëninge, dan vlug twyfel heen,
En jy sien Gods goedheid laat jou nooit alleen!


As jy let op ander met hul goud en eer,
Dink dan God beloof jou nog oneindig meer;
Tel jou seëninge, weet dat prag en praal
Nooit die minste van die hemel kan behaal.


Laat dan al die stryd, die las, die bange nood
Jou tog nie ontmoedig, Gods trou dis so groot;
Tel jou seëninge; eng’le staan jou by,
Bied jou hulp en leiding na die ander sy!

 


Trek my Nader


Ek is uwe Heer,ek het u stem gehoor;
Dit vertel U liefde aan my,
Trek my hoer op, Heer,
In u geloof en nog nader aan u sy.


Ref
Trek my Nader nader nader dierb’re Heer,
Na die kruis waar U moes ly;
Trek my Nader nader nader dierb’re Heer,
Aan U eens deurstoke sy.


Maak my nou bekwaam, tot u diens o Heer,
Deur genade ongestoord.
Tot my siel so vas in die hoop verkeer,
Dat ek my in U verloor.


Daar is liefd’ te diep, om dit ooit te peil,
Tot ek land aan gindse kus;
Daar is vreugd’, so hoog dat ek dit nie vat,
Tot ek ewig by u rus.


O die vreugde soet van ‘n enkel uur,
As ek voor U troon kom staan.
Daar kan ek met U, in gebed verkeer,
Soos’n vriend met Vriend omgaan.

https://www.youtube.com/watch?v=t0DRzDo48Ck

 


U het die brood gebreek


U het die brood gebreek eens by die meer;
Breek tans die lewensbrood vir my ook, heer!
Wil steed u waarheid meer aan my ontyou
Tot ek ook in u woord my heer aanskou.


U is die lewensbrood, Heiland, vir my.
U is die waarheid, Heer, U maak my vry!
U beeld straal uit die Skrif so helder voort-
U soek ek, Heer, uself o Lewend’ woord.

https://www.youtube.com/watch?v=rRidRM_qCEM

 


Wat ‘n Vriend Het Ons In Jesus


1. Wat ‘n vriend het ons in Jesus,
Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig
Tot gods troon deur hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede,
Ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node
Uitstort in gods vaderhart!


2. As versoeking en beproewing,
Of as kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie,
Laat ons bedes opwaarts styg.
Nêrens is ‘n vriend getrouer,
As hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid,
En wil deel in al ons leed.


3. Is ons swak, gedruk deur laste,
Onder kommer neergebuk,
Dierb’re heiland, onse toevlug,
O bevry ons weer van druk!
As ons vriende ons versaak het,
Soek ons in gebed die heer,
Aan sy boesem is ons veilig,
Hy vertroos ons keer op keer.