Afrikaans Hymn

Saggies En Teer 


Saggies en teer is die roepstem van Jesus
Hy roep vir jou en vir my
Hy staan en wag aan die deur van ons harte
Wag daar vir jou en vir my.


Ref
Kom tuis, kom tuis
Almal wat moeg is kom tuis
Saggies en teer klink die roepstem van Jesus
Hy roep: O sondaar, kom tuis!


Waarom dan uistel wyl die Heiland so pleit
Pleit daar vir jou en vir my?
Waarom dan wag en verwerp al Sy goedheid
Goedheid vir jou en vir my.


Dink aan sy liefde wat Hy ons beloof het
Liefde vir jou en vir my
Hy skenk vergifnis hoe groot ook ons sonde
Skenk dit vir jou en vir my.

 


Sing dit nog ‘n maal vir my oor


Sing dit nog ‘n maal vir my oor
Wonderlik’ Lewenswoord!
Laat die lieflikheid my bekoor.
Wonderlik’ Lewenswoord!
Woord met lewenskoonheid.
Leer my plig en getrouheid.


Ref
Lieflike woord, wonderlik woord,
Wonderlik’ Lewenswoord,
Lieflike woord, wonderlik’ woord !
Wonderlik ‘ Lewenswoord !


Christus Jesus, roep alom,
Wonderlik’ Lewenswoord!
Sondaar, hoor nou Sy stem en kom,
Wonderlik’ Lewenswoord!
Vry word ons vergewe!
Roep ons na die heme!


Woord wat kom uit die hart van God,
Wonderlik’ Lewenswoord!
Volle versoening wag ons nog,
Jesus, redder, Heiland!
U Woord maak ons heilig!

 


Staan op, staan op vir Jesus


1. Staan op, staan op vir jesus,
O helde van die kruis!
Verhoog sy krygsbaniere
Deur al die strydgedruis!
Deur stryd lei tot oorwinning
Die heiland keer op keer,
Tot hy oor elke vyand
Vir ewig heers as heer.


2. Staan op, staan op vir jesus!
Die krygsgeroep weergalm;
Begeef u in die strydperk,
Volg hom met vreugdepsalm!
Kom, stryders, wees dan moedig,
Weerstaan met al u mag;
Die bose moet terugval,
Want jesus gee u krag!


3. Staan op, staan op vir jesus!
Steun enkel op sy krag;
U eie arm is hulp’loos,
Hoe dikwels u ook trag.
Neem aan gods wapenrusting,
En waak en bid en stry;
Roep plig u in gevare,
Weet, jesus staan u by!


4. Staan op, staan op vir jesus,
Al is die stryd hoe bang!
Na al die stryd op aarde
Volg eens die segesang.
Aan stryders, trou en moedig,
Gee jesus dan ‘n kroon;
Hul heers daar ewig met hom,
Rondom sy glorietroon.