Met Middernag
Met middernag keer Christus weer na ons
Toe God as mens neergedaal het na ons
Om ons te bevry van die mag van sonde,
En ons te red van die dood en die hel.
n Nuwe hoop vervul die hele aarde
Toe daardie nag gebore is die Heer!
Kniel voor Hom neer, kom ons loof die Heer.
Dis Kersfees, dis Kersfees, Jesus is God met ons.
Dis Kersfees, dis Kersfees, Hy is Emmanuel.
Kom in geloof, kom laat ons tot Hom nader
Tot by die krip van die heilige Kind.
So het die wyse manne ook vergader
En, voort gelei deur ‘n ster, Hom gevind.
Ons sal Hom nooit ooit genoeg kan prys.
Hy gebore het vir ons gely.
Kom almal saam, Kom ons loof Sy naam.
Dis Kersfees, dis Kersfees die Here het neergedaal
Dis Kersfees, dis Kersfees Jesus het ons kom haal.
God gee U seen, mag Hy u siel berus
Tot Hy ons weer hereenig in ses en twint ig
Dra Hy ons in vrede liefde en geluk
Dank God vir hierdie jaar
Hy is die Here, bring Hom lof en ere
Dis Kersfees, dis Kersfees, loof Hom al mal saam
Dis Kersfees, dis Kersfees, oh loof Sy heil’ge Naam
Dis Kersfees, dis Kersfees, loof Hom al mal saam
Dis Kersfees, dis Kersfees, oh loof Sy heil’ge Naam.
https://youtu.be/JSVy9s-y-xM?si=Ny9XQDlBHs5FEvsA
‘n Vaste burg is onse God
‘n vaste burg is onse god,
Ons skuil in hom, die sterke.
Hy is ‘n vesting in die nood –
Vir ewig staan sy werke.
Al kom die bose aan
In sy oorwinnaarswaan,
Ons weet by al sy lis,
Sy lot is reeds beslis –
God self stel aan hom perke.
Gord ons met eie krag ons aan
Dan is die stryd verlore;
Net een kan satansmag weerstaan,
Deur god daartoe verkore.
Vra u sy naam, so weet
Dat hy die christus heet;
Gaan hy voor in gevaar,
Heer van sy eng’leskaar,
Nooit is die stryd verlore !
Al storm hul ook van elke kant,
Die hel se le~rmagte,
Die een wat sterker is, hou stand,
Hy sterk ons swakke kragte.
Veg met geweld en lis
Die vors van duisternis –
Ons vrees geen dood of hel;
Sy vonnis is gevel,
Ons is sy val te wagte.
Gods woord hou stand in ewigheid,
Geen mag kan dit laat wyk nie !
Beef, satan, god voer hier ons stryd;
Sy trou sal nooit beswyk nie !
Al eis jy dan ons goed,
Ons dierbares, ons bloed:
Dit bring jou geen gewin –
Ons gaan die hemel in,
Jy roof ons nooit gods ryk nie.
https://www.youtube.com/watch?v=4XJBHWLDL40
n Wonderbaar Heiland is Jesus
1. ‘n Wonderbaar Heiland Is Jesus My Heer,
‘n wonderbaar Heiland vir my;
By Hom skuil my siel in die Rots keer op keer,
Waar water van lewe uitvloei.
Refrein
By Hom skuil my siel in die skeur van die Rots,
Wat staan in n ver dorstig land;
En daar in Sy liefde daar skuil ek so diep,
Oorskadu’ deur Sy liefdehand;
Oorskadu’ deur Sy liefdehand.
2. ‘n wonderbaar Heiland is Jesus,my Heer,
Hy neem al my las van my af.
Hy hou my so vas, ek verlaat Hom nooit weer;
Hy gee my Sy krag elke dag.
3. Gaan ek dan geklee in onsterflikheid,
Om Hom in die lug te ontmoet.
Dan sing ek van liefde en Sy saligheid,
Met al die verlostes omhoog!.
https://www.youtube.com/watch?v=Ga79aTKXmoE
Net Soos Ek Is
1. Net soos ek is, geen hulp naby;
Alleen u bloed gestort vir my;
Getrek tot u deurboorde sy –
O lam van god, ek kom!
2. Net soos ek is, ek wag nie meer;
Ek kom, hoe vuil bevlek, o heer,
En werp my aan u voete neer –
O lam van god, ek kom!
3. Net soos ek is, ofskoon altyd
Gepla deur twyfel, haat en nyd;
Van binne vrees, van buite stryd-
O lam van god, ek kom!
4. Net soos ek is, ellendig, blind,
SOMS SOOS DIE wêreld NOG GESIND;
In u alleen is heil te vind –
O lam van god, ek kom!
5. Net soos ek is, nooi u vir my,
Vergewe, reinig en bevry;
Op u belofte steun ek bly –
O lam van god, ek kom!
6. Net soos ek is, u liefde teer
Werp alle hinderpale neer;
U wy ek my vir ewig, heer –
O lam van god, ek kom!
7. Net soos ek is, om u gena,
Wat eind’loos stroom van golgota,
Hier te geniet en dan hierna –
O lam van god, ek kom!
https://youtu.be/nzYJdv4giAc?si=EEGYdTfNRVl7pmTO
O Heer my God
O Heer my God as ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…
Ref
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U, hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer U grote Naam!
Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, U kind.
U Seun word mens In ons gebroke werêld,
kom vestig Hy Sy koningsheerskappy
Hy maak weer heel Wat sonde hier gebreek het,
Hy bring weer hoop en redding ook vir my
U maak ons deel van al U grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut U eiendom.