Afrikaans Hymn

O Kom O Kom Emmanuel


O kom O kom Emmanuel
Verlosser uit die nasie Israel
Gebore in die volheid van die tyd
Gekom om sondaars terug na God te wys


Ref
Wees bly, wees bly
Emmanuel
Ons redder kom uit Israel
Ons redder kom uit Israel


O Seun van God ons redder is nou hier
Gebore in die mens se donker uur
Hy’s God met ons die Woord word mens
So nederig kom die hemelse geskenk


Deur eng’le woord aan Josef toe vertrou
Die swanger maagd te neem, Maria, vrou
So lank verwag, die liewe Jesus kind
Kom God na ons in doeke toegebind

 


O Soetste Uurtjie Van Gebed


1. O soetste uurtjie van gebed
wat my van aardse sorge red
dit roep my tot my Vaders troon
waar Hy my nood met antwoord loon
as ek voor Hom met angs en pyn
aan siel en liggaam kom verskyn
hoe dikwels het Hy my gered
in die soetste uurtjie van gebed


2. O soetste uurtjie van gebed
voer op u vlerk my boodskap mee
tot daar by onse Middelaar
wat leef om aan ons Sy woord te hou
Hy sê as ek gelowig soek
gee Sy genade oorgenoeg
om my van al my sorge te red
in die soet uurtjie van gebed


3. O soetste uurtjie van gebed
deel my ‘n trooswoord altyd mee
tot ek van Kanaans berge hoog
my hemel woning daar sien
my liggaam kan maar agter bly
as ek my lewenskroon gaan kry
daar in die hemel sing ek weer
soet uurtjie van gebed vaarwel

https://www.youtube.com/watch?v=A13SQqsJgi8

 


Red wat verlore gaan


1. Red wat verlore gaan,
Soek die wat sterwe,
Ruk hul ontfermend
Uit sonde en dood!
Ween oor die dwalendes,
Rig op wat struikel,
Bring hul die liefde
Van jesus so groot!


Koor:
Red wat verlore gaan,
Soek die wat sterwe!
Jesus is liefdevol,
Jesus kan red.


2. Hoe hy geminag word,
Immer nog wag hy,
Wag om boetvaardiges
Lewe te gee;
Pleit met hul vriendelik,
Pleit nogmaals dringend:
Elkeen wat glo,
Vind vergewing en vree.


3. Diep in die heidenhart,
Prooi van die bose,
Skuil daar ‘n beeld
Wat gena kan herstel
Onder gods liefdehand
Tril daar weer snare
Lewe die siel
Op die heer se bevel.


4. Red wat verlore gaan,
Jesus verwag dit,
Krag tot die werk
Sal gods gees u verleen;
Lei na die noue weg
Almal geduldig,
Juis oor verdwaaldes
Het jesus geween.

https://www.youtube.com/watch?v=PDv0mOEhpj0