Wees Stil My Siel
Wees U my toevlug
1. Here my toevlug U is God van my hart
Niks maak meer saak nie Slegs Heer U wil
Neem nou my gedagtes Van oggend tot aand
Selfs as ek slaap U nabyheid my lig
2. Wees U my wysheid Die waarheid, die woord
Versoen met die Godheid Verewig gebind
U is my Vader en ek is U kind
U Gees nou inwonend en eenheid herstel
3. Wees U my beskermer, my swaard vir die stryd
Wees U die Godsbeeld in wie ek verbly
U my sielsvesting, my veilige skuiling
Lig my na waar U is, o, krag van my krag
4. Rykdom het geen belang nie en geen mens se leë lof
U is my erfenis vir nou en altyd
Aan U en U alleen my hart oorgegee
Jesus my koning, my skat is in U
5. Hoogste in die hemel, oorwinning behaal
Hemelse vreugde wat vanuit U straal
Hart van my eie, wat ook al gebeur
Wees steeds my toevlug O Heerser van alles
https://youtu.be/4B60FQkEim0?si=7MGxtPLrwRbyFREc
Werk, want die Nag kom nader
1. Werk, want die nag kom nader,
Werk in die vroeë dag;
Werk as die dou nog glinster
In die blommeprag!
Werk in die helder môre,
Al is die son ook heet;
Werk, want die nag kom nader;
Werktyd ‘s afgemeet!
2. Werk, want die nag kom nader,
Werk deur die hele dag!
Vul elke uur met arbeid;
Eenmaal rus ons sag.
Laat elke korte oomblik
Lets vir hierna bewaar;
Werk, want die nag kom nader,
Dan is werktyd klaar!
3. Werk, want die nag kom nader;
Ver het die son gedaal!
Werk in die awendskadu,
Wyl die daglig faal!
Werk in die laaste strale,
Nooit daag die son hier weer;
Werk, want die nag word donker,
Dan geen werktyd meer.
Wondergena van Jesus
1. Wondergena van Jesus wat al my sonde oorwin
hoe sal ek dit beskrywe waar sal my lof begin
Wat al my laste wegneem en so my gees bevry wantdie
Wondergena van Jesus reik ook my!
Refrein
Wonderlik genadewerk, die werk van Jesus, Dieper as die see en vry:
Wondergena, algenoeg saam, selfs ook vir my.
Brëer as dieruim van my oortredings, Groter vêr dan al my sond’en blaam
O roem, verhoog die dierb’re Naam van Jesus prys Sy naam!
2. Wondergena van Jesus red van die sondeval
Daardeur is ek vergewe veilig geheel en al
Bande verbreek vir ewig ek word van sonde bevry wantdie
Wondergena van Jesus reik ook my!
3. Wondergena van Jesus wat selfs die vuilste vind
Deur Gods hervormingskragte herskape tot Sy kind
Verkry hy hemelsvrede , vir ewig is dit vry en die
Wondergena van Jesus reik ook my!
https://www.youtube.com/watch?v=YDd5SUo1Enw