Afrikaans Hymn

‘n Vaste burg is onse God


‘n Vaste burg is onse God,
ons skuil by Hom, die sterke.
Hy is ‘n vesting in die nood
vir ewig staan sy werke.
Al kom die Bose aan
in sy oorwinningswaan,
ons weet by al sy lis
sy lot is reeds beslis
God Self stel aan hom perke.


Al storm hul ook van elke kant,
Die hel se leërmagte,
Die een wat sterker is, hou stand,
Hy sterk ons swakke kragte.
Al veg hy met sy lis,
Die vors van duisternis,
Ons vrees geen dood of hel;
Sy vonnis is gevel,
Ons is sy val te wagte.

 


O Heer my God


O Heer my God as ek in eerbied wonder
En al U werke elke dag aanskou
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
Hoe U dit elke dag so onderhou…


Ref
Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U, hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam
Hoe heerlik Heer U grote Naam!


Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
en U sorg dag na dag vir my, U kind.


U Seun word mens In ons gebroke werêld,
kom vestig Hy Sy koningsheerskappy
Hy maak weer heel Wat sonde hier gebreek het,
Hy bring weer hoop en redding ook vir my


U maak ons deel van al U grootse werke.
U laat ons bid, Heer, dat U ryk mag kom.
En kom U weer, in heerlikheid op wolke,
maak U volkome nuut U eiendom.

 


O Kom O Kom Emmanuel


O kom O kom Emmanuel
Verlosser uit die nasie Israel
Gebore in die volheid van die tyd
Gekom om sondaars terug na God te wys


Ref
Wees bly, wees bly
Emmanuel
Ons redder kom uit Israel
Ons redder kom uit Israel


O Seun van God ons redder is nou hier
Gebore in die mens se donker uur
Hy’s God met ons die Woord word mens
So nederig kom die hemelse geskenk


Deur eng’le woord aan Josef toe vertrou
Die swanger maagd te neem, Maria, vrou
So lank verwag, die liewe Jesus kind
Kom God na ons in doeke toegebind