Afrikaans Hymn

Gaan My Nie Verby, o Heiland


1. Gaan my nie verby, o heiland,
Gaan my nie verby!
Wyl u ander seën, heiland,
Seën nou ook my!


Koor:
Jesus heiland, wees my nou naby,
Wyl u ander seën, heiland,
Seën nou ook my!


2. Voor u troon gekniel, o heiland,
Bid ek in geloof;
Hoor my sugte en gebede,
Ondanks swak geloof!


3. Op u soenbloed pleit ek, heiland
Wees my hulp en steun!
Wees my voorspraak en my midd’laar,
Hoor my, o gods seun!


4. U skenk lig en vreugde, heiland,
U, my troos geheel;
In die hemel en op aarde
Bly u steeds my deel!

 


Jesus Hou My By Die Kruis


1. Jesus, hou my by u kruis,
Waar die heilfonteine
Vry met lewenswater ruis,
Helend smart en pyne.


Koor:
By die kruis, by die kruis
Sal ek Jesus lowe,
Totdat eens my lied verrys
Ewiglik daarbowe.


2. By die kruis, met skuld besmet,
Het ek eens gebewe;
Daar het hy my siel gered,
My geskenk sy lewe.


3. Deur u kruis, o lam geslag,
Ryklik begenadig.
Sal ek wandel dag na dag,
Deur geen leed beskadig.


4. By die kruis neem ek my stand,
Wagtend met vertroue
Tot geloof aan gindse strand
Oorgaan in aanskoue.

 


Jesus, Rots vir my geslaan


Je‍‍su‍‍s – Rots vir my geslaan
Laa‍‍t my nie verl‍‍ore gaan
U was self van G‍‍od verlaat
L‍‍aat U lyding – so‍‍nder maat
My t‍‍ot heil wees e‍‍n tot krag
T‍‍een die sondesku‍‍ld en mag


En ek self – wat ka‍‍n ek doen
Om my sonde t‍‍e versoen?
Sou my hart met y‍‍wer gloei
Sou my trane e‍‍wig vloei
Nog gebede, no‍‍g geween
Kan my red, Heer – U all‍‍ee‍‍n.


L‍‍eeg – net met my s‍‍ondelas
Hou ek U verd‍‍ienste vas
Ek kom om verg‍‍ewing vra
U het ook my sk‍‍uld gedra
U, geslaan tot H‍‍eilsfontein
W‍‍as my, Heiland, m‍‍aak my rein


H‍‍eer, my Rots, bo a‍‍lmal groot
Staan U vas in e‍‍lke nood
Trou van mense kom en gaan
M‍‍aar U bly on‍‍wrikbaar staan
Ew’ge Rots, U l‍‍aat ook my
V‍‍eilig, ewig in U bly.