Afrikaans Hymn

Kom dank nou almal God


1. Kom, dank nou almal god
Met hart en mond en hande;
Loof hom wat wonders doen
Tot in die verste lande.
Van vroeg, van kindsbeen af,
Het hy ons trou bewaar
En tot vandag toe nog
Geseën en gespaar.


2. O God, so ryk en goed,
Gee ons solank ons lewe
Altyd ‘n blye hart;
As dit u wil is: vrede.
Laat u genade ons
Beveilig teen gevaar,
In donker ure ons
Van struikeling bewaar.


3. Lof, eer sing ons voor God,
Die bron van alle lewe –
Die vader, Seun en Gees,
Almagtig en verhewe.
Drie-eenge God, ons roem
U krag en majesteit.
O Heer, ons wil U noem:
Ons God in ewigheid !

 


Krag In Die Bloed


Wil jy ook vry wees van sonde gevaar?
Daar is Krag in die bloed, Krag in die bloed!v Wil jy jou siel van die bose bewaar?
Daar is wonderbaar Krag in die bloed!


Koor
Daar is Krag, Krag, wonderwerkend Krag,
In die Bloed van die Lam.
Daar is Krag, Krag, wonderwerkend Krag,
in die dierbare Bloed van die Lam.


Wil jy verlos wees van hoogmoed wat boei?
Daar is Krag in die Bloed, Krag in die Bloed.
Kom na die stroom wat van Golgota vloei!
Daar is wonderbaar Krag in die Bloed!


Wil jy so wit wees soos sneeu op die gras?
Daar is krag in Sy bloed, krag in Sy bloed.
Daar word jou son devir goed weg gewas.v Daar is won derbaarkrag in Sy bloed.


Wil jy ook sie lena Jah shuatoe bring?
Daar is krag in Sy bloed, krag in Sy bloed.
Wil jy ook daag liks’n lof liedhier sing?
Daar is won derbaarkrag in Sy bloed.

 


‘n Vaste burg is onse God


‘n vaste burg is onse god,
Ons skuil in hom, die sterke.
Hy is ‘n vesting in die nood –
Vir ewig staan sy werke.
Al kom die bose aan
In sy oorwinnaarswaan,
Ons weet by al sy lis,
Sy lot is reeds beslis –
God self stel aan hom perke.


Gord ons met eie krag ons aan
Dan is die stryd verlore;
Net een kan satansmag weerstaan,
Deur god daartoe verkore.
Vra u sy naam, so weet
Dat hy die christus heet;
Gaan hy voor in gevaar,
Heer van sy eng’leskaar,
Nooit is die stryd verlore !


Al storm hul ook van elke kant,
Die hel se le~rmagte,
Die een wat sterker is, hou stand,
Hy sterk ons swakke kragte.
Veg met geweld en lis
Die vors van duisternis –
Ons vrees geen dood of hel;
Sy vonnis is gevel,
Ons is sy val te wagte.


Gods woord hou stand in ewigheid,
Geen mag kan dit laat wyk nie !
Beef, satan, god voer hier ons stryd;
Sy trou sal nooit beswyk nie !
Al eis jy dan ons goed,
Ons dierbares, ons bloed:
Dit bring jou geen gewin –
Ons gaan die hemel in,
Jy roof ons nooit gods ryk nie.