Afrikaans Hymn

Here Jesus Ek Is Klein


1.Here Jesus Ek Is Klein,
Swak onkundig en onrein;
Laat my grootword tot u eer,
Laat my daagliks van u leer.


Ref
O Jesus neem my,
O Jesus lei my,
O Jesus sterk my
En vorm my tot u eer.


2.O verlosser maak my sterk,
Vlytig om vir u te werk;
Laat my tog gehoorsaam bly,
Altyd gaan waar u my lei.


3.Heiland laat my nooit vergeet
Dat u alles van my weet,
Al is niemand ook by my,
Bly die here my naby.

 


Hoor die blye eng’lelied


1. Hoor die blye eng’lelied,
Aan die koningseun gebied:
Vrede opaard, aan god die eer!
“God daal tot die sondaar neer!”
Wil met elke hemeling
Ook aan god u loflied bring;
Voeg by eng’lekoor u stem:
God verskyn in bethlehem!


Chorus
Hoor die skone eng’lelied
Aan die koningseun gebied.


2. Christus, daar omhoog vereer-
Christus, ewig god en heer-
Is deur godd’lik’ raadsbesluit
Uit reine skoot gespruit.
In die vlees sy needrig’ lot-
Vleesgeworde woord van god!
Mens, met mense saamgetel,
Jesus, ons immanuel!


3. Hy,die hemelvors van vree,
Deel geregtigheid ons mee,
Lig en lewe in elk’land,
En genesing deur sy hand.
Diep het hy hier neergedaal
Om ons uit die dood te haal;
Deur sy koms word adamskind
Ewig weer met god verbind.

 


In Die Stad Van Koning Dawid


In die stad van k‍‍oning Dawid,
in die neder‍‍ige st‍‍al,
i‍‍n ‘n krip lê d‍‍aar ‘n K‍‍indjie,
Koning van die g‍‍oot heel‍‍al.


Refrein:
Jesus Ch‍‍ristus, God en H‍‍eer,
aan U, K‍‍oningsk‍‍ind, ons e‍‍er.


Hy kom woon hier onder mense
Hy kom red hul v‍‍an die d‍‍ood.
H‍‍ul wat in Hom g‍‍lo, Hom aanneem,
die verlos Hy u‍‍it hul n‍‍ood.


Eenmaal sal Hy as die Regter
in sy konings‍‍majest‍‍eit
weer vers‍‍kyn van‍‍uit die hemel,
in volmaakte h‍‍eerlikh‍‍eid.