Afrikaans Hymn

Dogter van Sion


Dogter van Sion, roep dit uit!
Sing hosanna, juig verblyd!
Kyk, jou Koning kom na jou,
Heer, Verlosser, Vriend getrou.
Dogter van Sion, roep dit uit!
Sing hosanna, juig verblyd.


Wonderbaar, Raadsman, Sterke God,
vol ontferming oor ons lot.
Heil die Koning! Vors wat kom;
hemel, aarde huldig Hom.
Wonderbaar, Raadsman, Sterke God,
vol ontferming oor ons lot.


Sondaar, dank Hom, luid jou stem!
Juig van vreug, Jerusalem,
Dawid Seun, so lank verwag,
is gebore, blye dag!
Sondaar, dank Hom, luid jou stem!
Juig van vreug, Jerusalem!

 


Ek sal sing van my Verlosser


1. Ek sal sing van my Verlosser
en Sy wonderliefde vir my.
Aan die wrede vloekhout sterf Hy,
van die vloek maak Hy my vry.


Koor
Sing, o sing van my Verlosser
Met Sy bloed verlos Hy my!
Aan die kruis bring Hy versoening,
Dra my skuld en maak my vry!


2. Ek vertel die wondertyding,
Was verlore, maar Hy red.
Deur sy groot gena’ en liefde.
Leef ek non sy liefdeswet.

 


Eng’le van die Glorieryke


Eng’le van die Glorieryke sweef nou oor die aarde heen;
Bring aan Jesus hulde blyke, sy geboorte glans verleen.


Ref
Loof, loof die Heer,(O, loof Hom)
Loof, o, loof die Heer,(O, loof Hom, loof die Heer) In die hoogste hemel.


Herders in die velde blywend, waar jul waak selfs deur die nag,
God is nou aan mens verkynend, deur die Kind word lig gebrag.


Hy word nou as Kind genader, dog sal Hy die troon bestyg,
Hy sal nasies wyd vergader; elke knie sal voor Hom buig.