Afrikaans Hymn

Die Ou Ruwe Kruis 


Op ‘n heuwel daar ver staan ‘n ou ruwe kruis,
‘n Teken van skande en pyn;
Ek bemin die ou kruis, waar Gods dierbare Seun,
Vir ‘n wêreld van sonde moes ly


Refrein:
Ek bemin daardie ou ruwe kruis,
Tot ek voor Hom my skatte vertoon,
Ja ek klem aan die ou ruwe kruis,
En verruil dit eendag vir ‘n kroon.


O, die ou ruwe kruis, deur die wêreld versmaad,
Laat ‘n wonderbaar trek vir my naam;
Want die dierbare Lam het die hemel verlaat,
En Hy dra dit tot op Golgota.


In die ou ruwe kruis, so vol heilige bloed,
Is ‘n heerlik vooruitsig vir my;
Want aan daardie ou kruis, smaak my Heiland die dood,
Om vir my van my skuld te bevry.


Aan die ou ruwe kruis, bly ek altyd getrou,
Sy skande bring blydskap vir my;
Tot Hy my eendag roep, na my huis wat Hy bou,
Om vir ewig by Hom te kan bly.

 


Die vreugdelied wat engele sing


1. Die vreugdelied wat engele sing,
Het die boodskap oor Jesus aan herderd gebring.
Die goeie nuus, soos lank reeds voorspel,
Het ‘n engel dié nag aan die herders vertel.


Ref
Immanuel! Immanuel!
God kom verlos sy Israel!


2. Die lied wat al die engele sing,
is die boodskap wat vrede op aarde sal bring.
“ Aan God die eer!” weerklink daardie lied
wat die engele juigend Vol lof aan Hom bied.


3. Die goeie nuus wat engele bring,
is die boodska wat herders ook wyer laat kring.
Met herders wil ook ons nou getuig
en in dankbaarheid Oor ons Verlosser bly juig.

 


Dit is wel met my siel


1. As vrede my pad deur die wêreld verlig,
As smarte my dreig te verniel,
Dan antwoord ek vry, watter lot my ook tref:
Dit is wel, dit is wel met my siel!


Koor:
Dit is wel met my siel,
Dit is wel, dit is wel
Met my siel!


2. Hoe fel die besoeking, hoe satan ook trag
O m my te vertrap met sy hiel,
Steeds gryp ek weer moed, want my heiland is daar,
En hy stort nuwe krag in my siel.


3. Voorheen het die sonde gedurig gekwel,
En dikwels my vreugde verteer;
Nou’s alles vergeef en geheg aan sy kruis:
O my siel, loof die heer, loof die heer!


4. Voortaan is dit christus, ja, christus alleen,
Selfs waar ek in droefheid moet kniel;
Geen stryd is te swaar nie, in lewe en dood
Bly my heiland die troos van my siel.


5. Ja heer dis op u op u koms dat ek wag;
Die hoop sal my altyd besiel;
Dan klink op die wolke die stem van die heer-
O hoe salig die uur vir my siel!