Afrikaans Hymn

Trek my Nader


Ek is uwe Heer,ek het u stem gehoor;
Dit vertel U liefde aan my,
Trek my hoer op, Heer,
In u geloof en nog nader aan u sy.


Ref
Trek my Nader nader nader dierb’re Heer,
Na die kruis waar U moes ly;
Trek my Nader nader nader dierb’re Heer,
Aan U eens deurstoke sy.


Maak my nou bekwaam, tot u diens o Heer,
Deur genade ongestoord.
Tot my siel so vas in die hoop verkeer,
Dat ek my in U verloor.


Daar is liefd’ te diep, om dit ooit te peil,
Tot ek land aan gindse kus;
Daar is vreugd’, so hoog dat ek dit nie vat,
Tot ek ewig by u rus.


O die vreugde soet van ‘n enkel uur,
As ek voor U troon kom staan.
Daar kan ek met U, in gebed verkeer,
Soos’n vriend met Vriend omgaan.

 


Wat ‘n Vriend Het Ons In Jesus


1. Wat ‘n vriend het ons in Jesus,
Hy wat in ons plek wil staan;
Wat ‘n voorreg om gedurig
Tot gods troon deur hom te gaan!
Hoe verbeur ons tog die vrede,
Ag, hoe dikwels ly ons smart,
Net omdat ons nie ons node
Uitstort in gods vaderhart!


2. As versoeking en beproewing,
Of as kwelling ons bedreig,
Laat ons nooit mismoedig word nie,
Laat ons bedes opwaarts styg.
Nêrens is ‘n vriend getrouer,
As hy wat ons node weet;
Jesus voel met al ons swakheid,
En wil deel in al ons leed.


3. Is ons swak, gedruk deur laste,
Onder kommer neergebuk,
Dierb’re heiland, onse toevlug,
O bevry ons weer van druk!
As ons vriende ons versaak het,
Soek ons in gebed die heer,
Aan sy boesem is ons veilig,
Hy vertroos ons keer op keer.